- Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
- Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
- En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
- Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
- Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
- En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
- Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
- Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
- Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Bybelvers van die dag
My seun, luister na wat ek sê,neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart.
Willekeurig Bybelvers
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.Volgende vers!Met beeld