- Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
- En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
- Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
- Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
- SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
- En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
- Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
- Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
- Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
- WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
Bybelvers van die dag
God laat die eensames woon in 'n huisgesin,Hy lei die gevangenes uit in voorspoed;
maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.
Willekeurig Bybelvers
Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.Volgende vers!Met beeld