- En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.
- ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.
- Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel.
- Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.
- Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.
- Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.
- Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
- En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
- Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.
- Want by baie wysheid is baie verdriet,
en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.
Bybelvers van die dag
God laat die eensames woon in 'n huisgesin,Hy lei die gevangenes uit in voorspoed;
maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.